INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
KLANKE EN WOORDBOU
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
SKRIF
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
DIE GEDIG
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
Luister na die gedig.
Verdeel in groepe en bespreek die vrae.
My ma sê ek praat te veel -
Maar hoe dan nou gemaak?
Daar's so baie woorde in my kop
En hul beland my in die sop.
Ek wil mos graag aan almal sê
Wat ek sien en doen en leer.
Wil hul dan nie alles hoor nie?
Stel hul nie in my belang nie!
Die woorde borrel in my kop
Want hul wil uit, ek kan nie help nie
Net Ouma sê: "Kom sit hier, ek sal luister
Na al die stories wat jy fluister".
G.J.M.
Vrae om te bespreek
Wie praat so baie? Gee vir hom/haar 'n naam.
Wat wil hy/sy sê?
Hoekom dink julle wil ma nie luister nie?
Praat oor hoe hy/sy voel omdat niemand wil luister nie.
Het dit al ooit met julle gebeur?
Vertel hoe jy gevoel het.
Sê "ja" of "nee" - Dis belangrik om te LUISTER as iemand praat. Gee jou redes.
Wat het Ouma gedoen?
LU 1.3.2 | LU 1.3.5 | LU 1.3.6 | LU 1.3.7 |
Dit is belangrik om te luister sodat jy met die persoon kan praat.
Lees wat sê hulle vir mekaar. Kleur die prentjies in as jy dink hulle het na mekaar geluister.
Figure 2.1.
LU 1.3.2 | LU 3.2.1 |
Figure 2.2.
LU 1.3.2 | LU 3.2.1 |
Ons luister ook na . . . . . . . . . .
Teken soveel dinge as wat jy kan waarna ons LUISTER.
Figure 2.3.
Soek wat bymekaar pas.
Skryf die sinne oor. Begin met 'n hoofletter en eindig met 'n punt.
| na haar storie op die televisie. |
| na die nuus op die radio. |
| wil iemand met my praat. |
| voëltjies buite. |
| musiek. |
LU 4.7.1 | LU 4.8 | LU 5.4.1 |
Figure 2.4.
LU 4.1 |
Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;
1.3.2 vir besonderhede luister;
1.3.5 rae oor ‘n mondelinge teks beantwoord;
1.3.6 gevoelens oor ‘n mondelinge teks uitdruk en redes gee;
1.3.7 oorsaak en gevolg in ‘n mondelinge teks bepaal.
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.1 skryframe vir verskillende soorte sinne en teksstrukture gebruik;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk:
5.4.1 spesifieke inligting uit ‘n teks kies en dit verwerk.
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
KLANKE EN WOORDBOU
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
SKRIF
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
DIE GEDIG
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
Lees die berig wat oor die televisie gekom het.
Figuur 2.5.
Vanoggend is alles in rep en roer by die dieretuin.
'n Baie duur en kosbare papegaai het weggeraak.
Die opsigter by die dieretuin vertel toe hy vanoggend by die papegaai se hok kom, was die hok oop. Daar was geen spoor van die kosbare voël nie.
Die papegaai se lyf is geel, blou en groen. Sy stertvere is lank en om sy oë is fyn rooi veertjies.
As iemand die papegaai gewaar, kan hulle die dieretuin skakel by die volgende nommer: 33555862.
'n Beloning van R200 sal betaal word aan enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die terugvind van die papegaai.
LU 3.3.1 | LU 3.3.2 | LU 3.5.1 |
Lees die lettergrepe.
van | og | gend | pa | pe | gaai | |
op | sig | ter | veer | tjies | |
vol | gen | de | be | lo | ning | |
Waar pas hulle in?
1. Die dieretuin se ..................................................................................... het gesê ....................................................................... was die ............................................ weg.
2. Hy het mooi geel ................................................................................................
3. Hulle sal 'n ............................................................................................... betaal.
4. Skakel die ............................................................................................. nommer.
LU 3.3.5 |
Figuur 2.6.
LU 4.1 |
Lees die koerantberig.
Figuur 2.7.
Die opsigter is raad-op!
Hy het so baie oproepe, fakse, briewe en telegramme gekry.
Almal sê hulle het die papegaai gesien.
Hy weet nie waar om te begin soek nie.
Sy boodskappe het almal deurmekaar geraak.
Wie kan hom help?
LU 3.1.2 |
Figuur 2.8.
bl_f
bl_r
bl_k
bli_k
bl_k
bl_
bl_m
bl_k
Figuur 2.9.
gl_s
gl_p
gl_
gl_d
gl___
Figuur 2.10.
kl_s
kl_m
kl_p
kl__
kl_
kl__r
kl__r
kl_p
Voltooi die woorde.
Teken 'n prentjie langs elke woord.
LU 3.4.2 | LU 3.4.7 |
Verdeel in klein groepies.
Praat oor: hoe het die papegaai uitgekom?
Wat kan julle doen om die papegaai terug te kry?
Dink aan baie planne.
Skryf al jul planne hier neer.
Kies die beste plan en merk dit met 'n regmerk.
1. ......................................................................................................................................
2. ...................................................................................................................................... 3. ...................................................................................................................................... 4. ...................................................................................................................................... 5. ...................................................................................................................................... 6. ...................................................................................................................................... 7. ......................................................................................................................................
Vertel vir die klas wat julle gaan doen.
Teken 'n pragtige prent van die papegaai wat weggeraak het. Lees weer oor hoe hy gelyk het.
LU 4.2.1 | LU 4.2.2 | LU 4.8 |
Figuur 2.11.
LU 4.4.1 | LU 4.5.1 | LU 4.6.1 | LU 4.6.2 |
Figuur 2.12.
LU 4.1 |
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder visuele leidrade gebruik om betekenis te skep:
3.1.2 ten opsigte van beelde, die gedrukte media en advertensies;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;
lettergrepe gebruik om woorde te lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drie letterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.7 enkelklanke hersien;
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
3.5.1 ‘n verskeidenheid tekste vir genot lees.
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:
4.2.1 deelneem aan dinkskrum-aktiwiteite om idees vir skryf te kry;
4.2.2 idees met klasmaats en onderwyser deel;
Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:
4.4.1 terugvoering te gee of te ontvang;
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke “publiseer”:
4.5.1 werk met ander deel deur dit hardop te lees en/of in die klas uit te stal;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.1 eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring;
algemene woorde korrek spel;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
KLANKE EN WOORDBOU
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
SKRIF
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
DIE GEDIG
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
Figure 2.13.
pl_t | sl_g | vl_g |
pl_k | sl_k | vl_k |
pl_k | sl_p | vl_ |
pl_ | sl__p | vl__r |
pl__g | sl_k | vl_g |
pl__t | sl_g | vl__ |
Voltooi die woorde.
Teken 'n prentjie langs elke woord.
Skryf jou eie sinne met . . . . . . .
plat, plaat, sloop, slaap, vlooi, vloer.
LU 3.4.2 | LU 4.7.2 | LU 4.8 |
As ek met iemand wat ver is wil "praat", kan ek dit so doen.
Teken 'n prent en skryf 'n sin onderaan.
Vra vir Ouma of Oupa of hulle ook so met hulle maats kon "praat" toe hy/sy jonk was.
LU 4.6.2 | LU 4.6.4 | LU 4.8 |
Voltooi die blokkiesraaisel.
1 | |||||||
2 | 3 | ||||||
7 | |||||||
8 | 4 | ||||||
9 | |||||||
5 | |||||||
10 | |||||||
AF
1. Ek het gewen.Ek is baie ......................................................................................
2. Kyk hoe bl.................................................................................................. is hy.
3. Die konfyt is in die ..............................................................................................
4. Hy kl................................................................................................ in die boom.
5. Wat pl........................................................................................................... jou?
DWARS
2. Die hond bl...........................................................................................................
7. Hy gl.......................................................................................... op die nat vloer.
8. Hy sl.................................................................................................... die kos in.
9. Moenie so kl.................................................................................................. nie.
10. Kyk die mooi bl....................................................................................................
Kies een en kleur dit in
Figure 2.14.
LU 3.2.3 | LU 3.4.2 |
Figure 2.15.
LU 4.1 |
Lees van Flippie en Vlekkie.
Vlekkie is 'n hondjie.
Vlekkie is Flippie se hondjie.
Vlekkie begrawe sy bene in die tuin.
Voltooi die storie met "vl" of "fl".
Onthou die hoofletters aan die begin van 'n sin.
Figure 2.16.
LU 3.4.2 | LU 3.4.6 |
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.3 eenvoudige instruksies in die klaskamer lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drie letterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.6 ‘n toenemende aantal hoëfrekwensiesigwoorde herken;
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.2 algemene woorde korrek spel;
4.6.4 probeer om ontbrekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.2 basiese punktuasie (hoofletters en punte) gebruik;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
KLANKE EN WOORDBOU
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
SKRIF
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
DIE GEDIG
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
Figure 2.17.
Lees Flippie se brief.
Beste mnr. Opsigter
Ek is jammer dat jou pragtige papegaai weggevlieg het.
Ek ken hom goed.
Ek het baie vir hom gekuier.
Ek het altyd vir hom grondboontjies geneem.
Hy is baie mak en het die grondboontjies uit my hand geëet.
Ek weet daar is baie gevare daar buite en ek is bang dat hy iets sal oorkom. Nou staan ek soggens vroeg op, ry op my fiets en soek in al die bome rond. Ongelukkig is sy vere dieselfde kleure as die blare van die bome. Ek sal hom nie maklik sien nie, daarom luister ek ook mooi of ek hom nie dalk kan hoor nie. Hy ken 'n paar woorde en het my nage-aap as ek met hom praat.
Ek is baie hartseer. Ek sal nie ophou soek nie.
Ek hoop ons kry hom gou.
Groete
Flippie Swart
LU 3.3.1 | LU 3.3.2 |
Beantwoord die volgende vrae.
Skryf in volsinne met hoofletters en punte.
Wie het die brief geskryf?
1. F............................................................................................................................
Aan wie het Flippie geskryf?
2. Flippie het ............................................................................................................
3. Wat het Flippie vir die papegaai gegee om te eet? ..............................................
4. Wat het vir Flippie hartseer gemaak? ..................................................................
5. Hoe sal jy voel as jou troeteldier wegraak?
..........................................................................................................................................
6. Hoekom sal Flippie nie maklik die papegaai in die takke kan sien nie?
..........................................................................................................................................
7. Dink jy Flippie sal hom kry? Gee 'n rede vir jou antwoord.
..........................................................................................................................................
LU 3.2.1 | LU 4.6.1 | LU 4.6.2 | LU 4.6.4 |
Figure 2.18.
LU 4.1 |
Lees verder. Probeer om vlot te lees, met gevoel.
Vanoggend het Flippie en sy beste maat vroeg opgestaan.
Hulle wou weer die papegaai gaan soek.
Danie het vir Flippie by die huis gaan haal. Die son het net opgekom. Toe is die twee op hulle fietse weg.
"Ek wonder of die papegaai nog lewe," sê Danie.
"Hy is slim. Ek dink hy sal lank hier buite kan oorleef," sê Flippie.
"Ja, ek weet hy is slim, maar waar sal hy kos kry? Wat sal hy eet? In die dieretuin het die opsigter vir hom kos gebring. Hy het nie nodig gehad om te soek vir kos nie," sê Danie.
"Ag," sê Flippie, "hier is baie vrugtebome hier naby. Die papegaai hou baie van vrugte. Hy moet net nie oor die rivier vlieg nie. Daar is net groen koringlande. Daar sal nie genoeg kos vir hom wees nie."
"Die boere sal nie daarvan hou as hulle agterkom die papegaai pik aan die vrugte nie. Hulle sal hom sowaar skiet," sê Danie benoud.
"Kom, Danie, ons moet vinniger ry. Hy is al vier dae weg. Ons moet hom vandag kry", sê Flippie. Hy trap vinnig op sy fiets met Danie kort op sy hakke.
LU 3.3.1 | LU 3.3.2 | LU 5.1 |
Help hulle om die papegaai se deurmekaar taal te verstaan.
Hier is die kode:-
a = 1b = 2c = 3d = 4e = 5 | f = 6g = 7h = 8i = 9j = 10 | k = 11l = 12m = 13n = 14o = 15 | p = 16q = 17r = 18s = 19t = 20 | u = 21v = 22w = 23x = 24y = 25z = 26 |
Dit is wat hulle gehoor het.
11, 15, 13 | 8, 1, 1, 12 | 13, 25 | 5, 11 | 19, 11, 21, 9, 12 |
9, 14 | 4, 9, 5 | 7, 18, 15, 20 | 14, 1, 2, 25 | |
4, 9, 5 | 18, 9, 22, 9, 5, 18. | |||
5, 11 | 9, 19 | 19, 15 | 13, 15, 5, 7!! !! |
LU 3.2.3 |
Figure 2.19.
Sersant: Ry soos ek vir julle gesê het
Figure 2.20.
Flippie: Baie dankie, Sersant.
Hier is die kaart met die instruksies om by die grot te kom.
Figure 2.21.
LU 3.2.3 | LU 5.1 |
Wys met pyltjies op die kaart hoe Flippie en Danie by die grot uitgekom het.
Figure 2.22.
LU 5.1 |
Teken die dieretuin met die papegaai veilig terug in sy hok.
Wat dink jy sê hulle nou?
Papegaai: |
Flippie: |
Opsigter: |
LU 4.3.1 | LU 4.8 |
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees;
3.2.3 eenvoudige instruksies in die klaskamer lees;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir ‘n skryfstuk vir verskillende redes skryf;
4.3.1 verskillende tekste skryf;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.1 eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring;
4.6.2 algemene woorde korrek spel;
4.6.4 probeer om ontbrekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel.
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
KLANKE EN WOORDBOU
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
SKRIF
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
Gee die leerders die geleentheid om die storie te bespreek. Laat hulle vertel van slegte drome – nagmerries – wat hulle gehad het. Hoe het hulle gevoel? Hulle kan ook daaroor skryf.
Toets hulle gereeld en kyk of hulle die spelwoorde in hierdie module kan klank en skryf. Indien hulle nog nie kan nie, moet die woorde met die dubbele medeklinkers soos hierin vervat, weer op die mat, in groepies of individueel geleer word. Maak seker dat hulle die betekenis van die woorde verstaan. Vra dus vir hulle om sinne met die woorde te maak.
Sê/lees die gedig kort-kort vir die klas sodat hulle geleidelik die woorde kan memoriseer. Vestig hulle aandag op woorde met dieselfde klanke (rymwoorde), Vinnige leerders kan gerus probeer om hulle eie gediggies/rympies te skryf. Dit is lekker as hulle twee-twee hieraan kan werk.
Moeilike sigwoorde in die leesstukke kan op flitskaarte geskryf word en leerders kan hulle vaslê deur speletjies daarmee te speel.
Al die hoofletters vir skrif is nou aangeleer.
Luister.
Lees en leer.
Die wolke pak saam,
en die maan is verduister.
Die blitse flits dreigend,
en die aarde dié fluister.
Plif! Plof teen die venster,
dis die reën wat daar spat.
Die wêreld daar buite
is waternat!
Die wind se gesuis
deur blare en takke.
Dis die druppels wat skarrel,
op huise se dakke.
Dit reën oor die land!
Hoor die see se gedruis
van branders wat breek
op die nat, wit sand.
G.J.M
Vrae om te beantwoord en te bespreek.
Wat dink jy het die aarde gefluister?
Bespreek die tekens van winter in die eerste versie.
Versier jou bladsy met “prente” uit die gedig.
LU 1.3.2 | LU 3.2.1 | LU 4.8 |
Lees die storie hardop. Luister mooi!
Bennie: Mamma, dit reën katte en honde buite! Wat gaan ons doen as dit môre reën? Ek verjaar en Pappa het belowe ons kan my maatjies verras met allerhande opwindende dinge wat ons saam gaan doen.
Wat gaan ons doen as dit reën? Ek wil nie net ‘n partytjie by die huis hê nie!
Mamma: Ja, Bennie, jy gaan die dag baie geniet. Pappa het baie lekker dinge beplan.
Jou uitnodigings is al gestuur en die reën sal ons nie keer nie. Het jy al gebad?
Jy moet nou gaan slaap anders is jy môre te moeg om die dag te geniet. Toe, weg is jy!
Bennie: (pleit by sy ma) Ek gaan nou slaap, Mamma, maar ek wil net gou die weervoorspelling sien. Ek wil sien of dit môre nog gaan reën. (Bennie skakel die televisie aan.)
LU 3.3.1 |
Luister eers.
Lees.
Bespreek hoe Bennie voel.
Figure 2.23.
Bennie: (nou heeltemal mismoedig) Kan Mamma hoor! Dit gaan nog reën! Die strate lyk al soos riviere. Ons sal nêrens kan gaan nie!
Mamma: Nee, Bennie, die weerkantoor verwag dat dit môre sal opklaar. Toe, gaan slaap nou. Ek moet nog koek bak vir jou maatjies. Nag, Bennie!
Bennie: (loop kamer toe) Nag, Mamma.
LU 1.2 | LU 1.3.6 | LU 3.3.2 |
Juffrou: Kom ons maak ‘n grafiek van die weer.
My grafiek vir............................................................................................................
maand
20 | ||||
19 | ||||
18 | ||||
17 | ||||
16 | ||||
15 | ||||
14 | ||||
13 | ||||
12 | ||||
11 | ||||
10 | ||||
9 | ||||
8 | ||||
7 | ||||
6 | ||||
5 | ||||
4 | ||||
3 | ||||
2 | ||||
1 | ||||
Dae![]() | Son | Reën | Wolke | Wind |
Kies vier kleure; een vir son, een vir reën, ens.
Kleur elke dag een blokkie in.
Aan die einde van die maand kan jy sien of daar meer/minder sonnige, reënerige, winderige of bewolkte dae was.
LU 5.4.1 | LU 5.4.2 |
Skryf oor die weer. Kyk na die grafiek op bladsy 4.
Gebruik die woordeskat: meeste/minste/meer/minder.
Die Weer in
maand
Van watter soort weer hou jy die meeste?
Gee ‘n rede vir jou antwoord.
Ek ....................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

LU 4.7.2 | LU 5.1.1 |
Figure 2.24.
Versier die patroon.
LU 4.1 |
Bespreek in groepe.
Skryf.
Figure 2.25.
LU 4.2.1 | LU 4.2.2 | LU 5.1.1 |
Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en, indien gepas, kommentaar te lewer op dit wat gehoor is;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;
1.3.2 vir besonderhede luister;
1.3.6 gevoelens oor ‘n mondelinge teks uitdruk en redes gee;
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:
4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;
4.2.2 idees met klasmaats en onderwyse deel;
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.2 basiese punktuasie gebruik;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:
5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;
Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk:
5.4.1 spesifieke inligting uit ‘n teks kies en dit verwerk.
5.4.2 inligting in ‘n eenvoudige grafiese vorm organiseer.
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
KLANKE EN WOORDBOU
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
SKRIF
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
Gee die leerders die geleentheid om die storie te bespreek. Laat hulle vertel van slegte drome – nagmerries – wat hulle gehad het. Hoe het hulle gevoel? Hulle kan ook daaroor skryf.
Toets hulle gereeld en kyk of hulle die spelwoorde in hierdie module kan klank en skryf. Indien hulle nog nie kan nie, moet die woorde met die dubbele medeklinkers soos hierin vervat, weer op die mat, in groepies of individueel geleer word. Maak seker dat hulle die betekenis van die woorde verstaan. Vra dus vir hulle om sinne met die woorde te maak.
Sê/lees die gedig kort-kort vir die klas sodat hulle geleidelik die woorde kan memoriseer. Vestig hulle aandag op woorde met dieselfde klanke (rymwoorde), Vinnige leerders kan gerus probeer om hulle eie gediggies/rympies te skryf. Dit is lekker as hulle twee-twee hieraan kan werk.
Moeilike sigwoorde in die leesstukke kan op flitskaarte geskryf word en leerders kan hulle vaslê deur speletjies daarmee te speel.
Al die hoofletters vir skrif is nou aangeleer.
Kies vr- of pr-
Voltooi die woorde op die slak.
Maak jou eie sinne met hierdie woorde. Onthou hoofletters en punte.
Figure 2.26.
Sinne.
LU 3.4.3 |
Luister eers.
Lees.
Bespreek.
Skryf.
Figure 2.27.
LU 1.4 | LU 2.2 | LU 2.4.3 | LU 3.2.1 |
Voltooi die woorde.
Gebruik dr- of gr-
Figure 2.28.
Lees en leer die woorde.
Waar pas hulle in?
1. Twee kom voor ...................................................................................................
2. Kom ons gaan ‘n entjie .......................................................................................
3. Pappa sny die ......................................................................................................
4. Sy .......................................................................................... die lemoensap uit.
5. Mammie dra ‘n mooi .................................................................................... rok.
6. Gooi die skil in die ..............................................................................................
7. Hulle .................................................................................................. om en om.
8. Die man spit met ‘n .............................................................................................
LU 3.4.2 |
Lees hardop, met gevoel.
Bennie:
Ek lê in my bed.
Ek luister na die reën daar buite.
Ek hoor hoe spat die druppels
teen die ruite.
Ek hoor hoe suis die wind
deur die blare en die takke.
Ek hoor hoe breek die branders
op die nat, wit sand.
Ek sien die blitse daar ver.
Ek weet die boere is bly oor
die reën.
Ek weet die damme gaan
weer water kry.
Ek weet die plante en bome
het die reën nodig.
Maar –
Môre verjaar ek. Ek wil hê
die son moet warm skyn.
Ek wil swem in die see.
Ek wil partytjie hou.
Ek wil alles doen wat
Pappa vir ons beplan het.
Daar steek die maan nou sy kop uit.
Die mooi, ronde, geel ma-a-a-a-a-an!
Gaap! Gaap!
Nou gaan ek slaap! Goeienag!
LU 3.3.1 | LU 3.3.3 |
Beantwoord die volgende vrae: Skryf die antwoorde.
1. Wie is die karakters in die storie van
Bennie se manewales?
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
2. Wat beteken: Dit reën katte en honde?

3. Bennie wil nie hê dit moet môre reën nie, want . . . . . .
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 4. Waarom is die boere bly dat dit reën?
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
LU 3.2.1 |
Figure 2.29.
Versier die patroon.
LU 4.1 |
Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder luister na raaisels en grappies,dit geniet en gepas daarop reageer.
Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
2.4.3 idees voorstel en daarop uitbrei;
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
KLANKE EN WOORDBOU
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
SKRIF
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
Gee die leerders die geleentheid om die storie te bespreek. Laat hulle vertel van slegte drome – nagmerries – wat hulle gehad het. Hoe het hulle gevoel? Hulle kan ook daaroor skryf.
Toets hulle gereeld en kyk of hulle die spelwoorde in hierdie module kan klank en skryf. Indien hulle nog nie kan nie, moet die woorde met die dubbele medeklinkers soos hierin vervat, weer op die mat, in groepies of individueel geleer word. Maak seker dat hulle die betekenis van die woorde verstaan. Vra dus vir hulle om sinne met die woorde te maak.
Sê/lees die gedig kort-kort vir die klas sodat hulle geleidelik die woorde kan memoriseer. Vestig hulle aandag op woorde met dieselfde klanke (rymwoorde), Vinnige leerders kan gerus probeer om hulle eie gediggies/rympies te skryf. Dit is lekker as hulle twee-twee hieraan kan werk.
Moeilike sigwoorde in die leesstukke kan op flitskaarte geskryf word en leerders kan hulle vaslê deur speletjies daarmee te speel.
Al die hoofletters vir skrif is nou aangeleer.
Luister eers.
Lees die koerantberig.
Die boere juig oor die reën.
Nou sal hulle ‘n beter oes hê, want die droogte is gebreek.
Maar die rivier wat deur die plakkerskamp loop, het sy walle oorstroom.
Die mense sit nou sonder kos, droë klere en huise.
‘n Beroep word op die lesers gedoen om hierdie mense te help.
Skakel die koerant se kantoor vir meer inligting.
Telefoonnommer: 11 00 55 30
Verdeel in groepe.
Besluit hoe julle hierdie mense kan help.
LU 2.4.2 | LU 2.4.3 | LU 2.4.4 | LU 2.5 | LU 3.2.1 |
Luister eers.
Lees.
Kry ‘n maat om jou te help om ‘n plakkaat te ontwerp om in die skool te vertoon.
Vra vir bydraes vir die mense in die oorstroomde plakkerskamp.
Gebruik slagspreuke (slim woorde om almal se
belangstelling te kry).
Knip prente uit ou koerante of tydskrifte om jou plakkaat interessant, kleurvol en doeltreffend te maak.
Hier is ‘n voorbeeld van ‘n slagspreuk.
Gebruik die kode om dit te skryf.
Figure 2.30.
Figure 2.31.
LU 5.1.1 | LU 5.3.3 |
☻ Lees die snaakse sin.
☻ Trek ‘n sirkel om al die kr- en tr- woorde.
☻ Voltooi die lyste van kr- en tr- woorde.
Figure 2.32.
Sin: Die kraai en die kreef kruip na die trollie op die trein se trok.
kr- | tr- |
Lees en leer die woorde.
Onthou ook vir:
kryt, kraak, kroon, krap, kruis, traan, trap, tronk, trots, trou.
LU 3.4.2 |
Skryf aan die koerant en vertel hoe jou skool die mense in nood gehelp het.
Die woorde in die kantlyn sal jou help.
Onthou hoofletters en punte.
Gee jou artikel ‘n titel.
.....................................................
titel
Wie hetbesluit? | ||
Wat hetjulle besluit? | ||
Hoe het julle dit gedoen? | ||
Was jullesuksesvol? |
LU 4.2.1 | LU 4.2.2 | LU 4.3.1 |
Mammie gebruik hierdie resep vir Bennie se koekies.
Miskien wil jy ook koekies bak.
Jy moenie dit alleen probeer bak nie.
Jy benodig (vir 24 koekies)
2 eiers
125 g margarien
125 g suiker
225 g meel
2 gelykvol teelepels bakpoeier
1 teelepel vanielje-geursel
6 eetlepels versiersuiker
papierbakkies
lemoensap
Wat om te doen:
1. Stel die oond op 180oC
2. Meng die margarien en suiker in ‘n bak.
3. Breek die eiers een vir een daarin. Meng goed.
4. Roer die meel in.
5. Gooi die vanielje in. Meng.
6. Nou kom die bakpoeier. Meng.
7. Skep twee teelepelsvol deeg in elke papierbakkie.
8. Bak in die oond vir 10 minute. Laat afkoel.
9. Meng die versiersuiker met ‘n klein stukkie margarien en lemoensap en smeer ‘n bietjie op elke koekie.
LU 3.2.3 | LU 5.1.1 |
Bou woorde met:
Figure 2.33.
............il | ...........eek | ...............ok | ..........ommel |
.........ood | ............oer | ................is | ..................ans |
...........ug | .............oek | ...............aai | ...................ons |
........and | ..............ing |
Lees en leer die woorde.
Waar pas hulle in?
1. Hy ......................................................................................................... die bord.
2. Sy dra ‘n swart .....................................................................................................
3. Die motor ry oor die ............................................................................................
4. Hy ...................................................................................................... die papier.
5. Sy lyk ..................................................................................................................
6. Jan is my ..............................................................................................................
LU 3.4.3 |
Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
2.4.2 beurte neem en gepaste vrae stel;
2.4.3 idees voorstel en daarop uitbrei;
2.4.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon;
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder maniere voorstel om probleme op te los.
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
3.2.3 tekste van ‘n effens ingewikkelder vlak lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:
4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;
4.2.2 idees met klasmaats en onderwyse deel;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.1 verskillende soorte tekste skryf:
Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:
5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:
5.3.3 eenvoudige strategieë gebruik om inligting te verkry en op te teken.
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
KLANKE EN WOORDBOU
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
SKRIF
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
Gee die leerders die geleentheid om die storie te bespreek. Laat hulle vertel van slegte drome – nagmerries – wat hulle gehad het. Hoe het hulle gevoel? Hulle kan ook daaroor skryf.
Toets hulle gereeld en kyk of hulle die spelwoorde in hierdie module kan klank en skryf. Indien hulle nog nie kan nie, moet die woorde met die dubbele medeklinkers soos hierin vervat, weer op die mat, in groepies of individueel geleer word. Maak seker dat hulle die betekenis van die woorde verstaan. Vra dus vir hulle om sinne met die woorde te maak.
Sê/lees die gedig kort-kort vir die klas sodat hulle geleidelik die woorde kan memoriseer. Vestig hulle aandag op woorde met dieselfde klanke (rymwoorde), Vinnige leerders kan gerus probeer om hulle eie gediggies/rympies te skryf. Dit is lekker as hulle twee-twee hieraan kan werk.
Moeilike sigwoorde in die leesstukke kan op flitskaarte geskryf word en leerders kan hulle vaslê deur speletjies daarmee te speel.
Al die hoofletters vir skrif is nou aangeleer.
Figure 2.34.
Lees verder.
Bennie is so opgewonde. Hy het gewens Pappa neem hom en sy maats na die pretpark.
Die wiele draai.
Die musiek speel.
Die ligte flits.
Die mense gil soos hulle om en om draai.
Die karretjies gly en bots teen mekaar.
Die swaaie vlieg al vinniger en vinniger.
Daar’s ballonne, stokkielekkers so groot soos pierings,
narre met gesigte wat geverf is,
pryse om te wen en ponies om op te ry.
Bennie hardloop heen en weer.
Hy kan nie besluit wat hy eerste wil doen nie!
Pappa koop vir hulle roomyse, springmielies, vleisbroodjies, koeldranke en sakke vol lekkers.
Die was heerlik!
LU 3.3.3 | LU 3.3.5 |
Teken vir Bennie en sy maats by die pretpark.
Figure 2.35.
Vertel vir die klas van jou besoek aan die pretpark.
Wat het julle gedoen?
Waarvan het jy gehou?
Waar sou jy jou verjaardagpartytjie wou vier, as jy kon kies?
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
LU 2.1 | LU 4.3.1 | LU 4.8 |
Skryf die geskommelde woorde korrek oor.
Figure 2.36.
Leidraad: Al die woorde begin met
Figure 2.37.
LU 3.4.4 | LU 4.3.2 |
Lees.
Figure 2.38.
Lees waarheen hulle gaan.
sOn naga an edi reediniut
Skryf:
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
Om daar te kom moet Pappa:
reguit ry tot by die sirkel, links draai, by een stopstraat verby, regs draai, weer links draai en ry tot by die verkeerslig, wag totdat die lig groen is, regs draai, by die bos verby en daar kom julle by die ……………………………………………………. aan.
Teken die pad soos dit beskryf is.
Figure 2.39.
LU 3.2.3 | LU 3.3.3 | LU 4.3.2 | LU 5.1.1 |
Soek die letters wat ontbreek om die woord te voltooi.
Figure 2.40.
Vul hulle in.
Waar pas die woorde in?
1. Ek ……………………………………………………….. botter op my brood.
2. Op ‘n warm dag ………………………………………………….. ek na water.
3. Hy ………………………………………………………….. aan die lekkernye.
4. Die ys gaan ……………………………………………………………………..
LU 3.4.3 |
Kyk mooi na die prent.
Watter foute kan jy sien?
Tel hoeveel foute jy kan sien.
Vertel vir die klas/jou maat wat verkeerd is met hierdie dieretuin.
Figure 2.41.
LU 2.2 | LU 5.2.2 |
Voltooi die woorde.
Figure 2.42.
Maak sinne met ses woorde.
LU 3.4.2 | LU 4.6.4 | LU 4.7.2 |
Figure 2.43.
Versier die patroon.
LU 4.1 |
Soek die letters wat ontbreek om die woorde te voltooi.
Vul hulle in.
Waar pas hulle in?
1. Vandag ………………………………………………………………... die son.
2. Hulle vang die ………………………………………………………………….
3. Ek gaan ……………………………………………………………………. toe.
4. Die man roei die ……………………………………………………………….
5. My ………………………………………………………………… blink mooi.
LU 3.4.2 |
Lees.
Figure 2.44.
Bennie: Nee, Pappa! Nee! Ek wil nie hier kuier nie.
Kyk hoe deurmekaar is die dieretuin! Nee! Nee! Nee!
Mamma: Bennie! Bennie! Wat gaan aan?
Waarom skree jy so?
Bennie: N-e-e-e-e-e-e-e!
Pappa: Ma, maak hom wakker! Hy droom!
Dis seker ‘n nagmerrie!
Mamma: (skud vir Bennie) Kom, Bennie, word wakker!
Jy verjaar vandag. Het jy vergeet?
Bennie: (deur die slaap) Is dit vandag my verjaardag?
Ek het gedink dit is al verby.
Weet Mamma, ek het gedroom Pappa neem ons
na die pretpark. Dit was heerlik. Maar toe neem
hy ons na ‘n baie snaakse dieretuin. Die leeu het
my raakgesien en na my toe gekom. Sy bek was
wawyd oop! Ek is so bly dit was net ‘n droom.
Maar, Pappa, waarheen gaan ons?
Pappa: Jy sal nog sien, maar kom laat ons jou eers gelukwens met jou neënde verjaardag.
Baie geluk, ou seun. Geniet die dag.
LU 2.4.7 | LU 3.3.1 |
Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
2.4.7 vrae beantwoord en redes gee vir antwoord;
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.3 tekste van ‘n effens ingewikkelder vlak lees;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;
3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken.
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.2 geskommelde woorde / sinne korrek oorskryf;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.4 probeer om onbekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.2 basiese punktuasie gebruik;
Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:
5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.2.2 hoërordedenke en die meegaande taal gebruik, soos maak afleidings, pas kennis toe, evalueer.